What this is all about...


The idea to drive, photograph and document the gravel mountain passes of the coastal region of South Africa occurred to me while driving the Prince Alfred pass early in 2012. A mountain pass is much more than a cumbersome stretch of road linking the areas on either side of a mountain. There is a "this side", which invariably differs from the "other side", as well as an "inside". Each side containing its own unique collection of marvels. Old classic farm houses, derelict but stylish bridges, missionary churches, rock formations, old toll houses from yester year giving shelter to a squatter ghost or two, succulents hiding in rocky crevices, black eagles scouting for hyraxes and much more. Hopefully there is also a charming campsite somewhere on the "other side" to erect an antenna in time for the 18h00 schedule to share the day's discoveries with the OM and YL's within reach.


The expedition started on 12 September 2012, when we left Durbanville for the Richtersveld. It is not always possible to say where we will be on what day. That is why this an expedition and not a tour.


Die idee om die bergpasse van die kusstreke van Suid-Afrika te verken, te fotografeer en te dokumenteer het ontstaan toe ek vroeg in 2012 oor die Prince Alfredpas gery het. 'n Bergpas is veel meer as 'n lastige stukkie pad wat die areas weerskante van 'n berg met mekaar verbind. Daar is 'n "hierdie kant", wat sonder uitsondering baie anders is as die "ander kant", en natuurlik ook 'n "binnekant". Elke kant bring sy kant met 'n unieke versameling interessanthede. Ou klassieke plaashuise, verlate maar stylvolle brue, sendingkerke, rotsformasies, tolhuise van eergister wat die spook of twee wat daar kom plak het teen die elemente beskerm, vetplante in rotsskeure, witkruisarende op soek na dassies, en veel meer. Hopelik ook 'n oulike kampterrein aan die "ander kant" waar ek 'n antenna kan opslaan, betyds vir die 18h00 skedule om die dag se ondekkings te deel met die OM'e en YL's binne bereik.


Die ekspedisie het op 12 September 2012 bgin toe ons Durbanville verlaat het oppad na die Richtersveld. Ons moet maar steeds sien waar ons wanneer sal wees. Dit is waarom dit 'n ekspedisie is en nie 'n toer nie.

Wednesday 3 October 2012

Die reenerige weer vandag en more vertraag bietjie die hervatting van die ekspedisie. Die ekspedisieleier hou nie van 'n nat kamp nie. Hopelik kom ek more weg. Die idee is om die grondpadroete wes van die N7 tussen Piekenierskloof en Clanwilliam te neem, die N7 by Clanwilliam oor te steek, Pakhuispas oor en net na die Doringrivier af te draai Nieuwoudtville toe en daar iewers te slaap.  Daarna Gifberg se rigting en dan na die Biedouwvallei. Vandaar Middelpos en Sutherland se rigting en hoop om Maandagaand by Sutherland te slaap.
ZS100MPX behoort Donderdagaand tussen 18h30 en 19h00 weer op 7095 op die lug te wees.

The rainy weather is delaying the next phase of the expedition a bit. The expedition leader does not like a wet tent. Hopefully tomorrow will see me taking the gravel route west of the N7 between Piekenierskloof and Clanwilliam, crossing the N7 at Clanwilliam, over the Pakhuispas, turning towards Nieuwoudtville just after the Doringrivier and camping in N'ville area. Thereafter Gifberg area and then Biedouwvallei, Middelpos and Sutherland, hoepfully camping in Sutherland on  Monday night.
ZS100MPX should be on the air again from Thursday night between 18h30 and 19h00 on 7095.

No comments:

Post a Comment