What this is all about...


The idea to drive, photograph and document the gravel mountain passes of the coastal region of South Africa occurred to me while driving the Prince Alfred pass early in 2012. A mountain pass is much more than a cumbersome stretch of road linking the areas on either side of a mountain. There is a "this side", which invariably differs from the "other side", as well as an "inside". Each side containing its own unique collection of marvels. Old classic farm houses, derelict but stylish bridges, missionary churches, rock formations, old toll houses from yester year giving shelter to a squatter ghost or two, succulents hiding in rocky crevices, black eagles scouting for hyraxes and much more. Hopefully there is also a charming campsite somewhere on the "other side" to erect an antenna in time for the 18h00 schedule to share the day's discoveries with the OM and YL's within reach.


The expedition started on 12 September 2012, when we left Durbanville for the Richtersveld. It is not always possible to say where we will be on what day. That is why this an expedition and not a tour.


Die idee om die bergpasse van die kusstreke van Suid-Afrika te verken, te fotografeer en te dokumenteer het ontstaan toe ek vroeg in 2012 oor die Prince Alfredpas gery het. 'n Bergpas is veel meer as 'n lastige stukkie pad wat die areas weerskante van 'n berg met mekaar verbind. Daar is 'n "hierdie kant", wat sonder uitsondering baie anders is as die "ander kant", en natuurlik ook 'n "binnekant". Elke kant bring sy kant met 'n unieke versameling interessanthede. Ou klassieke plaashuise, verlate maar stylvolle brue, sendingkerke, rotsformasies, tolhuise van eergister wat die spook of twee wat daar kom plak het teen die elemente beskerm, vetplante in rotsskeure, witkruisarende op soek na dassies, en veel meer. Hopelik ook 'n oulike kampterrein aan die "ander kant" waar ek 'n antenna kan opslaan, betyds vir die 18h00 skedule om die dag se ondekkings te deel met die OM'e en YL's binne bereik.


Die ekspedisie het op 12 September 2012 bgin toe ons Durbanville verlaat het oppad na die Richtersveld. Ons moet maar steeds sien waar ons wanneer sal wees. Dit is waarom dit 'n ekspedisie is en nie 'n toer nie.

Sunday 14 October 2012

Donderdagoggend, 11 Oktober, het die Landrover koers gekry in die rigting van die Ceres Karoo en Tanqua Karoo via die Oubergpas. Dinsdag en Woensdagaand was daar heeltemal te veel atmosferiese steurings om goeie radiokontak te kon maak. 'n Paar kilometer voor die Oubergpas was daar 'n skaaptrop oppad van die "onderplaas" terug na die "boplaas" soos wat baie boere elke jaar doen. 'n Bejaarde vrou in 'n bakkie was in beheer van die trek. Toevallig het ons haar man in Oktober 2007 op min of meer dieselfde plek met sy skape aangetref. Hy is twee jaar gelede in die skaapkraal aan 'n hartaanval dood en nou trek sy en 'n paar werkers elke jaar vyf dae lank af en 'n paar maande later weer vyf dae lank op, oor die Oubergpas. Sy het gesê dat dit nie meer lekker is nie want op die pad is daar 'n paar dekades se herineringe saam met haar man.
Oubergpas is een van die grotes en sal defnitief my Top Tien lys haal. Baie skerp kronkels oor en langs die rûens oppad ondertoe.  Daarna deur die Tanqua Karoo na die Ceres Karoo, en op en weer af met Katbakkies se pas voor die lang kloof oppad na die Grootrivierpas. Hierdie pas is steil en as dit nat is sal dit 'n horror wees. Die pad van Matjiesrivier na Sanddrif is BAIE sinkplaat en nie 'n plesier om te ry nie. Sanddrif se kampterrein lyk bietjie anders as toe ons in 1977 daar gekamp het. Nou is dit 'n groot goed ontwikkelde kampterrein met 'n sementbrug oor die rivier waar my Alfa Romeo toentertyd  in die middel van die drif in die donker met 'n nat vonkverdeler gaan staan het. 
Saterdagoggend het ek die pad oor die Uitkykpas en Nieuwoudtpas Durbanville toe geneem. Die Uitkykpas doen sy naam gestand maar die Nieuwoudtpas is niks besonders nie.
Die volgende fase begin vroeg 2013. More maak ek 'n finale inskrywing op hierdie blog oor my algemene indrukke van die westelike deel. 'n Paar fotos hieronder.

Thursday morning, 11 October, the Landover pointed its nose in the direction of the Ceres Karoo and Tanqua Karoo via the Oubergpas. On Tuesday and Wednesday nights the atmospheric interference made radio contact very difficult from Sutherland. A few kilometers before the Oubergpas I met a flock of sheep on their way from "the farm below" to the farm "on top" as is happening every year. An elderly lady in a bakkie was in charge of the process. Incidentally we had met her husband in 2007 at roughly the same spot with his sheep. Two years ago he died off a heart attack in the sheep kraal. Now, she and a few workers handle the trekking. First down the pass, for five days, and a few months later again up the pass, for five days. She said that it was no longer fun as the route contained too many memories, stretching over decades of trekking with her husband.
Oubergpas is one of the greats and will make my Top Ten.  Lots of sharp bends over the ridges on the way down. And the view: again magnificent.  Thereafter crossing the Tanqua Karoo and the Ceres Karoo, up and down Katbakkies before taking the long kloof en route to the Grootrivierpas. This is a steep pass with the potential to be a horror when it is wet. The road from Matjiesrivier to Sanddrif was heavily corrugated and no pleasure to drive. Now the camp site at Sanddrif is very different from how we experienced it in 1977. It is well developed with a cement bridge over the river where my Alfa Romeo got stuck at the crossing because of a soaked distributor.
Saturday morning I took the road over Uitkykpas and Nieuwoudtpas to Durbanville. Uitkykpas provides a good view but Nieuwoudtpas is nothing special.
I hope to start the next phase early next year. Tomorrow I will make a final post giving my impressions of the western part of the country. Below are a few photos.

Mev Esterhuizen se skaaptrek

Oubergpas met die Tanqua Karoo daar ver
Grootrivierpas in die Sederberge

Die brug by Sanddrif

Bo van die Uitkypas. Die ou pas kan regs onder gesien word




No comments:

Post a Comment