What this is all about...


The idea to drive, photograph and document the gravel mountain passes of the coastal region of South Africa occurred to me while driving the Prince Alfred pass early in 2012. A mountain pass is much more than a cumbersome stretch of road linking the areas on either side of a mountain. There is a "this side", which invariably differs from the "other side", as well as an "inside". Each side containing its own unique collection of marvels. Old classic farm houses, derelict but stylish bridges, missionary churches, rock formations, old toll houses from yester year giving shelter to a squatter ghost or two, succulents hiding in rocky crevices, black eagles scouting for hyraxes and much more. Hopefully there is also a charming campsite somewhere on the "other side" to erect an antenna in time for the 18h00 schedule to share the day's discoveries with the OM and YL's within reach.


The expedition started on 12 September 2012, when we left Durbanville for the Richtersveld. It is not always possible to say where we will be on what day. That is why this an expedition and not a tour.


Die idee om die bergpasse van die kusstreke van Suid-Afrika te verken, te fotografeer en te dokumenteer het ontstaan toe ek vroeg in 2012 oor die Prince Alfredpas gery het. 'n Bergpas is veel meer as 'n lastige stukkie pad wat die areas weerskante van 'n berg met mekaar verbind. Daar is 'n "hierdie kant", wat sonder uitsondering baie anders is as die "ander kant", en natuurlik ook 'n "binnekant". Elke kant bring sy kant met 'n unieke versameling interessanthede. Ou klassieke plaashuise, verlate maar stylvolle brue, sendingkerke, rotsformasies, tolhuise van eergister wat die spook of twee wat daar kom plak het teen die elemente beskerm, vetplante in rotsskeure, witkruisarende op soek na dassies, en veel meer. Hopelik ook 'n oulike kampterrein aan die "ander kant" waar ek 'n antenna kan opslaan, betyds vir die 18h00 skedule om die dag se ondekkings te deel met die OM'e en YL's binne bereik.


Die ekspedisie het op 12 September 2012 bgin toe ons Durbanville verlaat het oppad na die Richtersveld. Ons moet maar steeds sien waar ons wanneer sal wees. Dit is waarom dit 'n ekspedisie is en nie 'n toer nie.

Tuesday 9 October 2012

Time to catch up with my admin. Sofar no hickups and every thing is roughly going according to my rough plan which consists of one line: "Drive the gravel mountain passes of the coastal belt and enjoy the trip and the environment".
Between Durbanville and Papkuilsfontein (Nieuwoudtville) there are three good passes as well as a picturesque route that winds through the koppies for about 40km. Unfortunately one of the passes (Pakhuispas) has been tarred. This route took me to Papkuilsfontein where I stayed for one night in my home made one man roof top tent. I discovered that it is a summer tent, not a spring tent.
Friday's destination was Gifberg Farm, via Botterkloofpas (impressive) and Gifbergpas (very impressive). Along the way I passed the memorial that was erected on the spot where the young Faffa de Milander died in 2009. Gifbergpas is very steep and some tar sections had to be added to assist vehicles when it is wet. The 4x4 route from the reception down to the river is very rough towards the end and I would not recommend it for any vehicle without sufficient ground clearance and a low range. Even then some guidance to the driver as well as road building may be necessary. I paid the price for being too casual. The night next to the Doringivier was special.
Saturday morning it was back to the N7, after battling the loose sand at the river bank with tyre pressures that were too high. Again over the Pakhuispas, and down Hoek-se-Berg (se pas). The scenery form the top of the pass is awesome. There are some pictures below showing the Wupperthalpas and the Old Postal Route.
Enjo Farm in the Biedouwvallei belongs to a young German couple who immigrated 6 years ago. This is awesome territory and I will go back. On Sunday I drove down the valley to the spot where the road crosses the Doring River in summer. From April to November the level of the river is too high to cross and that forced me into a 100km detour the next day, which was yesterday. The detour took me back up Hoek-se-Berg, crossing the Doring River (over a bridge) before ascending the Botterkloofpas  and thereafter taking the Soutpanpad towards the Tanqua Karoo. It was my third time up the Gannagapas and it still rates among the best and most impressive passes that I have travelled. Not only because of the pass itself but also because of the view fro m the top.
And here I am in Sutherland at Jurg se campsite until Thursday. Tonight I meet with the local radio amateurs at the hotel.

Gou bietjie admin.Tot dusver het alles baie voorspoedig gegaan en my rowwe ekspedisieplan "om die bergpasse van die kusstreek te ry en die omgewing te geniet" werk nog.  
Tussen Durbanville en Papkuilsfontein is daar drie goeie passe en 'n mooi roete wat vir  40 km tussen die koppies deur kronkel. Ongelukkig is Pakhuispas nou geteer. Die roete het my na Papkuilsfontein geneem waar ek vir een nag gebly het in my tuisgemaakte eenmandaktent. Die tent blyk eerder 'n somertent as 'n lentetent te wees.
Vrydag se bestemming was Gifbergplaas via Botterkloof (indrukwekkend) en Gifbergpas (baie indrukwekkend). Oppad is ek verby die gedenksteen ter herinnering aan die jong Faffa de Milander wat in 2009 daar oorlede is. Gifbergpas is baie steil met stukke teer om te help as dit nat is. Die 4x4 roete wat van die ontvangs na die Doringrivier loop is aan die einde baie rof. Ek sal dit nie aanbeveel vir voertuie sonder goeie vryhoogte en "low range" nie. Self dan is aanwysings aan die bestuurder en padbou soms nodig. Passassiers moet maar vooraf 'n pilletjie drink. Ek het nie goed opgelet nie en die prys betaal. Die nag langs die Doringrivier is spesiaal.
Saterdagoggend terug na die N7 na bietjie grawe in die sand langs die rivier. Ek was te lui om my bande ver genoeg af te blaas, met voorspelbare gevolge. Toe weer oor die Pakhuispas en Hoek-se-Berg na die Biedouwvallei. Die uitsig bo van die pas is awesome. Hieronder is fotos wat die Wupperthalpas en die Ou Posroete wys.
Enjofarm in die Biedouwvallei behoort aan 'n jong Duitse paar wat 6 jaar gelede geimmigreer het. Die vallei is iets besonders en ek sal graag terugkom.  Sondag het ek met die vallei afgery en gaan kyk waar die pad die Doringrivier in die somer kruis. Die watervlak was ver te hoog en ek moes die volgende dag 'n 100km detour doen. Die detour het my terug oor Hoek-se-Berg geneem, oor die Doringrivier (met 'n brug), oor die Botterkloofpas en later met die Soutpanpad na die Tanqukaroo.
Dit was die derde keer wat ek die Gannagapas uitgery het en dit bly een van die indrukwekkendste passe wat ek nog gedoen het. Nie net is die pas self indrukwekkend nie maar ook die uitsig van bo oor die die Tanquakaroo.
En hier is ek in Sutherland by Jurg se kampplek tot Donderdag. Vanaand ontmoet ek die plaaslike radioamateurs by die hotel.
groete.

Wupperthalpas - van Biedouwvallei

Die ou posroete tussen Biedouwvallei en Tankwa

Life is tough for a lone ranger

Enjofarm se kampplek

As mens hard werk moet jy goed eet 

Te hoog - selfs vir 'n Defender

'n Dubbeldekkerbus op 'n plaas in die Tanquakaroo ???

Gannagapas

Goeie kampplek in Sutherland

3 comments:

  1. Hi Douw, dankie vir die mooi foto's. Dis darem 'n troosprys as ons kan saamry nie. Ek sien jy slaap weer by Sterreland. Hoop nie dis so koud as met ons vorige besoek daar nie! Geniet dit!
    Groete
    Kobus

    ReplyDelete
  2. Hi Douw, het jy die krokkedil en die koei met horings formasies in die Gifbergpas gesien?

    ReplyDelete
  3. Hi Douw,

    Mooi wereld waarin jy beweeg...geniet elke oomblik daarvan!

    Groete,

    Boudewijn

    ReplyDelete