What this is all about...


The idea to drive, photograph and document the gravel mountain passes of the coastal region of South Africa occurred to me while driving the Prince Alfred pass early in 2012. A mountain pass is much more than a cumbersome stretch of road linking the areas on either side of a mountain. There is a "this side", which invariably differs from the "other side", as well as an "inside". Each side containing its own unique collection of marvels. Old classic farm houses, derelict but stylish bridges, missionary churches, rock formations, old toll houses from yester year giving shelter to a squatter ghost or two, succulents hiding in rocky crevices, black eagles scouting for hyraxes and much more. Hopefully there is also a charming campsite somewhere on the "other side" to erect an antenna in time for the 18h00 schedule to share the day's discoveries with the OM and YL's within reach.


The expedition started on 12 September 2012, when we left Durbanville for the Richtersveld. It is not always possible to say where we will be on what day. That is why this an expedition and not a tour.


Die idee om die bergpasse van die kusstreke van Suid-Afrika te verken, te fotografeer en te dokumenteer het ontstaan toe ek vroeg in 2012 oor die Prince Alfredpas gery het. 'n Bergpas is veel meer as 'n lastige stukkie pad wat die areas weerskante van 'n berg met mekaar verbind. Daar is 'n "hierdie kant", wat sonder uitsondering baie anders is as die "ander kant", en natuurlik ook 'n "binnekant". Elke kant bring sy kant met 'n unieke versameling interessanthede. Ou klassieke plaashuise, verlate maar stylvolle brue, sendingkerke, rotsformasies, tolhuise van eergister wat die spook of twee wat daar kom plak het teen die elemente beskerm, vetplante in rotsskeure, witkruisarende op soek na dassies, en veel meer. Hopelik ook 'n oulike kampterrein aan die "ander kant" waar ek 'n antenna kan opslaan, betyds vir die 18h00 skedule om die dag se ondekkings te deel met die OM'e en YL's binne bereik.


Die ekspedisie het op 12 September 2012 bgin toe ons Durbanville verlaat het oppad na die Richtersveld. Ons moet maar steeds sien waar ons wanneer sal wees. Dit is waarom dit 'n ekspedisie is en nie 'n toer nie.

Saturday 2 February 2013


Baie oulike roete gery vandag. Nooit gedink daar is so baie agterpaaie naby die Kaap wat ek nie ken. Van Oudtshoorn met die ou pad langs die R62 tot by De Hoop (foto van kerk), oor die Rooibergpas na Van Wyksdorp (foto van mall) en met Cloetespas na Herbertsdale en Mosselbaai vir 'n lekker Dorado en chips in die hawe. Nou terug in Oudtshoorn en wag vir hoender en groentepot om gaar te word. Mooi radiokontakte gisteraand en vanaand. Soos altyd Trevor uit Agulhas en vanaand ook Paul v Spronsen van sy kampplek in die Biedouwvallei. Ek is gedwing om te luister na musiekshow op sportgrond vanaand. Kunstenares sonder talent - so Idolstipe. 

Followed a scenic route today from Oudtshoorn via de Hoop (church), over Rooibergpas to Van Wyksdorp (mall), over Cloetespas to Mossel Bay for a Dorado and chips in the harbour. Back in Oudtshoorn, waiting for chicken and veggie pot to cook. Good radio contacts last night and tonight. As always Trevor from Agulhas and tonight also Paul van Spronsen from his camp site in Biedouwvallei. The church below is almost in the veld - not many buildings in the area.




No comments:

Post a Comment