What this is all about...


The idea to drive, photograph and document the gravel mountain passes of the coastal region of South Africa occurred to me while driving the Prince Alfred pass early in 2012. A mountain pass is much more than a cumbersome stretch of road linking the areas on either side of a mountain. There is a "this side", which invariably differs from the "other side", as well as an "inside". Each side containing its own unique collection of marvels. Old classic farm houses, derelict but stylish bridges, missionary churches, rock formations, old toll houses from yester year giving shelter to a squatter ghost or two, succulents hiding in rocky crevices, black eagles scouting for hyraxes and much more. Hopefully there is also a charming campsite somewhere on the "other side" to erect an antenna in time for the 18h00 schedule to share the day's discoveries with the OM and YL's within reach.


The expedition started on 12 September 2012, when we left Durbanville for the Richtersveld. It is not always possible to say where we will be on what day. That is why this an expedition and not a tour.


Die idee om die bergpasse van die kusstreke van Suid-Afrika te verken, te fotografeer en te dokumenteer het ontstaan toe ek vroeg in 2012 oor die Prince Alfredpas gery het. 'n Bergpas is veel meer as 'n lastige stukkie pad wat die areas weerskante van 'n berg met mekaar verbind. Daar is 'n "hierdie kant", wat sonder uitsondering baie anders is as die "ander kant", en natuurlik ook 'n "binnekant". Elke kant bring sy kant met 'n unieke versameling interessanthede. Ou klassieke plaashuise, verlate maar stylvolle brue, sendingkerke, rotsformasies, tolhuise van eergister wat die spook of twee wat daar kom plak het teen die elemente beskerm, vetplante in rotsskeure, witkruisarende op soek na dassies, en veel meer. Hopelik ook 'n oulike kampterrein aan die "ander kant" waar ek 'n antenna kan opslaan, betyds vir die 18h00 skedule om die dag se ondekkings te deel met die OM'e en YL's binne bereik.


Die ekspedisie het op 12 September 2012 bgin toe ons Durbanville verlaat het oppad na die Richtersveld. Ons moet maar steeds sien waar ons wanneer sal wees. Dit is waarom dit 'n ekspedisie is en nie 'n toer nie.

Friday 1 February 2013

Die kort pad deur die plase van Sandrivier na Prins Albert word toe 'n lang pad. Vir die tweede keer op hierdie ekspedisie moes ek voor 'n vol rivier swig. Dit las toe so 70km by die dag se ryery. "Life is tough". Dit was die Dwykarivier wat uit die Moordenaarskaroo kom en uiteindelik deur Die Hel vloei.

A flooded river turned me back for the second time on this expedition. It added 70km to the day's driving.


Swartbergpas must be one of the top 5 in the country.



Die Otto du Plessispad (eintlik pas) is rof met dramatiese tonele en eindig in 'n redelike ongemaklike steil pas. Die Defender se wye draaisirkel dwing mens om twee keer 'n drie punt draai te maak by die haarnaalddraaie.

The Otto du Plessis road which links Swartberg Pass with Die Hel, is long and rough but with dramatic scenery. The final descent into Die Hel is very steep with tight hair pin bends.



Dis hoe Die Hel van buite lyk. Toe hulle nog daar geboer het was dit landerye. Die doringbosse het later oorgeneem. Dis moeilik om met 'n standaard mobiele HF antenna (vertikaal of V) 'n goeie sein hier uit te kry, veral as die weer nie saamspeel nie.

Die Hel from the top of the pass. In the old days the view showed cultivated fields. The thorn trees are more recent (past 30 years) invaders. HF signals do not travel well out of the kloof.


Swartbergpas kan ook so lyk. Oppad Oudsthoorn toe in mis en reen.

A different Swartbergpas. En route to Oudtshoorn.


No comments:

Post a Comment