What this is all about...


The idea to drive, photograph and document the gravel mountain passes of the coastal region of South Africa occurred to me while driving the Prince Alfred pass early in 2012. A mountain pass is much more than a cumbersome stretch of road linking the areas on either side of a mountain. There is a "this side", which invariably differs from the "other side", as well as an "inside". Each side containing its own unique collection of marvels. Old classic farm houses, derelict but stylish bridges, missionary churches, rock formations, old toll houses from yester year giving shelter to a squatter ghost or two, succulents hiding in rocky crevices, black eagles scouting for hyraxes and much more. Hopefully there is also a charming campsite somewhere on the "other side" to erect an antenna in time for the 18h00 schedule to share the day's discoveries with the OM and YL's within reach.


The expedition started on 12 September 2012, when we left Durbanville for the Richtersveld. It is not always possible to say where we will be on what day. That is why this an expedition and not a tour.


Die idee om die bergpasse van die kusstreke van Suid-Afrika te verken, te fotografeer en te dokumenteer het ontstaan toe ek vroeg in 2012 oor die Prince Alfredpas gery het. 'n Bergpas is veel meer as 'n lastige stukkie pad wat die areas weerskante van 'n berg met mekaar verbind. Daar is 'n "hierdie kant", wat sonder uitsondering baie anders is as die "ander kant", en natuurlik ook 'n "binnekant". Elke kant bring sy kant met 'n unieke versameling interessanthede. Ou klassieke plaashuise, verlate maar stylvolle brue, sendingkerke, rotsformasies, tolhuise van eergister wat die spook of twee wat daar kom plak het teen die elemente beskerm, vetplante in rotsskeure, witkruisarende op soek na dassies, en veel meer. Hopelik ook 'n oulike kampterrein aan die "ander kant" waar ek 'n antenna kan opslaan, betyds vir die 18h00 skedule om die dag se ondekkings te deel met die OM'e en YL's binne bereik.


Die ekspedisie het op 12 September 2012 bgin toe ons Durbanville verlaat het oppad na die Richtersveld. Ons moet maar steeds sien waar ons wanneer sal wees. Dit is waarom dit 'n ekspedisie is en nie 'n toer nie.

Monday, 24 September 2012

Arrived in Port Nolloth this morning and staying in the Country Club & Lodge. Not cheap-cheap but after 7 free bush camps, its ok.  Will probably shower 3 times before we leave tomorrow.
After Sendelingsdrift we drove the Helskloof Pass in the Park en route to Richtersberg. Spent 3 nights there with Vreulinks and then another bush camp south of Vioolsdrift. On our way to Vioolsdrift first the Helskloof Pass and  the pass west of Eksteensfontein again, before the Klein Helskloof Pass with its eerie rock 'statuettes'. Unfortunately the petroglyphs next to the road in the pass have been vandalised almost out of existence.
The three nights at Umdaus (actually Xhumdaus) with the Venters have also been very special. The diversity in succulent species is incredible. Although I had seen Halfmense (Pachypodium namaquanum) a few times before, at Umdaus there are more of them to be seen in a morning than 99.9999% of the population would see in a 100 life times.

As far as the radio side is concerned, 40m seems to work ok up to about 19h00. I find the Klaus Mast with vertical the easiest to put up. At Umdaus the wind picked up every afternoon late and then I had to switch to whip plus long wire (inverted L) which also worked perfect. So far I am getting consistent 59 signal reports.

The southern Richtersveld around Umdaus and Kosies is magnificent. A second expedition is already taking shape in my head (half-joking). It seems as if the XYL is still enjoying the trip. Tomorrow we will tackle the Spektakel Pass and aim for Springbok.  Will write about the menu tomorrow or so. Below are some pics.

Ons het vanoggend in Port Nolloth aangekom en slaap in die Country Club & Lodge. Nie cheap-cheap nie maar na 7 gratis boskampe is dit seker ok. Ons sal die stort deeglik gebruik voor ons vertrek.
Na Sendelingsdrift het ons via die Helskloofpas na Richtersberg gery en daar 3 ontspanne dae met Vreulinks spandeer.   Daarna 'n boskamp suid van Vioolsdrift.  Oppad na Vioolsdrift is ons weer oor die Helskoofpas, die lang pas wes van Eksteensfontein en die Klein Helskloofpas met sy klipstapels. Die rotsgravures langs die pad in die pas is ongelukkig erg gevandaliseer.
Die drie nagte byUmdaus (eintlik Xhumdaus) saam met die Venters was spesiaal. Daar is 'n ongelooflike verskeidenheid sukkulente. Ek het tevore al heelwat Halfmense (Pachypodium namaquanum) gesien maar by Umdaus sien mens in een oggend meer van hulle as wat 99.9999% van die bevolking in 100 leeftye sal sien.
Aan die radiokant gaan dit goed. 40m is ok tot omtrent19h00. Die Klaus Mas met 'n vertikale draad is die maklikste om op te rig. By Umdaus word die wind laatmiddag sterk en dan het ek eerder die whip met 'n langdraad gebruik (omgekeerde L). Dit alles werk goed en ek kry konstante 59 seinverslae.
Die suidelike Richtersveld naby Umdaus en Kosies is 'n belewenis. 'n Volgende ekspedisie begin al lyf kry in my kop. Dit lyk of die XYL dit ook nog geniet. More ry ons die Spektakelpas en mik vir Springbok. Ek skryf later oor ons menus. Hieronder 'n paar fotos.






1 comment:

  1. Ons het die paar dae saam met julle baie geniet! Lekker geselskap en spanwerk. Dankie vir jou hulp om ons tent te laat staan, nadat ons die raamwerk by die huis gelaat het.

    Die stap op na die halfmens plante was lekker, maar die rit oor die 4x4 'pas' deur die nek tussen Tafelkop en Rooiberg na Kosies was spesiaal.

    Julle moet die res van jul Namaqualand ekspidisie baie geniet!

    ReplyDelete