What this is all about...


The idea to drive, photograph and document the gravel mountain passes of the coastal region of South Africa occurred to me while driving the Prince Alfred pass early in 2012. A mountain pass is much more than a cumbersome stretch of road linking the areas on either side of a mountain. There is a "this side", which invariably differs from the "other side", as well as an "inside". Each side containing its own unique collection of marvels. Old classic farm houses, derelict but stylish bridges, missionary churches, rock formations, old toll houses from yester year giving shelter to a squatter ghost or two, succulents hiding in rocky crevices, black eagles scouting for hyraxes and much more. Hopefully there is also a charming campsite somewhere on the "other side" to erect an antenna in time for the 18h00 schedule to share the day's discoveries with the OM and YL's within reach.


The expedition started on 12 September 2012, when we left Durbanville for the Richtersveld. It is not always possible to say where we will be on what day. That is why this an expedition and not a tour.


Die idee om die bergpasse van die kusstreke van Suid-Afrika te verken, te fotografeer en te dokumenteer het ontstaan toe ek vroeg in 2012 oor die Prince Alfredpas gery het. 'n Bergpas is veel meer as 'n lastige stukkie pad wat die areas weerskante van 'n berg met mekaar verbind. Daar is 'n "hierdie kant", wat sonder uitsondering baie anders is as die "ander kant", en natuurlik ook 'n "binnekant". Elke kant bring sy kant met 'n unieke versameling interessanthede. Ou klassieke plaashuise, verlate maar stylvolle brue, sendingkerke, rotsformasies, tolhuise van eergister wat die spook of twee wat daar kom plak het teen die elemente beskerm, vetplante in rotsskeure, witkruisarende op soek na dassies, en veel meer. Hopelik ook 'n oulike kampterrein aan die "ander kant" waar ek 'n antenna kan opslaan, betyds vir die 18h00 skedule om die dag se ondekkings te deel met die OM'e en YL's binne bereik.


Die ekspedisie het op 12 September 2012 bgin toe ons Durbanville verlaat het oppad na die Richtersveld. Ons moet maar steeds sien waar ons wanneer sal wees. Dit is waarom dit 'n ekspedisie is en nie 'n toer nie.

Friday 14 September 2012

Na vandag verdwyn die Vodacomseine vir 'n week of wat.  Ons het op Springbok gearriveer met 'n nuwe smile. Tot dusver nog net teerpadpasse. Kon gisteraand 'n toets QSO doen op 40m met 'n 9.5m vertikale langdraad in Klaus Mast. ZS1BOB in die Kaap, ZS1SG - Sarel in George, en ZS2LEN - Len in Oos Londen.
Vanaand slaap ons anderkant Eksteensfontein en RV moremiddag met Vreulinks by Kookrivier.

Today we are leaving the Vodacom signals behind for a week or so. Late yesterday we arrived in Sprinbok with a new smile. Only tarmac passes so far. Had a test QSO last night on 40m with a 9.5m vertical longwire. ZS1BOB - Bob in the Cape, ZS1SG - Sarel in George and ZS2LEN - Len in East London.
Tonight we will camp near Eksteensfontein en tomorow afternoon we RV with the Vreulinks at the Kook River.

1 comment:

  1. Douw hoop jy het boodskap gekry, Anton het motor probleme, huidiglik in Port Nolloth, sal so spoedig as moontlik opvang, kyk of jy miskien hom kan kontak op sy cell.

    Groete

    ReplyDelete